'n Gids tot Vryheid deur die Kruis

 

deur Charles R. Solomon, Ed.D.

 

Terwyl jy nou hier lees, mag jou lewe baie deurmekaar wees. Jy kan voel dat mense jou gefaal het en dat God te ver is om te help. Dalk het jy groot geword met 'n gevoel dat jy nie liefgehÍ is soos jy verwag het nie. Dalk het jy nog nooit van jouself gehou of jouself aanvaar nie.

 

Hierdie gevoel van ontoereikendheid, hierdie gevoel dat jy dit nie maak nie  mag wees in die vorm van depressie of selfs selfmoordgedagtes. Daarom kan jou verhoudinge met jou geliefdes by breekpunt wees -- ‚of reeds flenters, sonder enige hoop op herstel. Begin jy wanhoop, of is jy reeds wanhopig; dan is hierdie boodskap vir jou bedoel.

 

God het jou so lief gehad dat Hy 'n Persoon, sy eie Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir jou sondes aan die Kruis te sterf. God het Christus weer lewendig gemaak, en ons in Horn alles gegee wat ons kan laat oorwin en 'n vol lewe kan laat leef. ³f mens glo dat Christus se dood God tevrede stel om jou sondes sonder enige voorwaarde te vergewe, Úf mens glo dit nie. Indien jy dit nie glo nie, kan hierdie eenvoudige boodskap en diagramme jou help om jou lewe te verander, en sy lewe te ontvang --- die lewe van die Here Jesus Christus.

 

Dalk het jy Christus reeds as Saligmaker aanvaar, maar leef jy as 'n struikelende, verslane gelowige wat nog moet leer om in Christus te oorwin. Is dit waar jy vandag staan? Neem dan jou Bybel in gebed en vra dat God hierdie waarhede aan jou sal openbaar.

 

Jou samestelling

Die Wieldiagram wys dat die mens uit drie dele bestaan: gees, siel en liggaam (1 Tes. 5:23 ).Ons maak kontak met ons omgewing deur ons liggaamlike sintuie. Die siel, of persoonIikheid, bestaan uit drie funksies, nI. denke, wil en emosies. Deur ons siel maak ons kontak met mekaar. Deur ons gees leef ons bo ons vermoÎns, dit wat ons terughou  - en dit gebeur wanneer ons vernuwe of wedergebore word en dIe Heilige Gees in ons kom woon. Die gees is Úf verbind aan Adam, Satan se geslaglyn, Úf aan Christus, God se geslaglyn (sien Lyndiagram ). Ons word in hierdie wÍreld ingebore uit die geslag van Adam en het sy

sondige natuur / geaardheid. Dit beteken dat ons gees dood is vir God maar lewend vir Satan. Ons is dus in die verkeerde geslag! Aangesien ons lewens van ons eerste vader, Adam, kom en ons sy direkte nageslag is, was ons dus eintlik in Adam toe hy gesondig het. Daarom was ons sondaars nog voor ons geboorte. Ons sondig dus omdat dit ons natuur is (Rom. 6:23). Elke lewe wat in Adam bly, sal uiteindelik in die hel eindig, soos die lyndiagram wys: Selfs al lewe ons goeie lewens is ons van God geskei, totdat ons in sy geslag ingebore word deur 'n geestelike wedergeboorte.

 

 

 

 

Jou behoeftes

 

Die woord "Verlossing "((1) in die Wieldiagram ) wys dat ons geestelike gebore moet word. Slegs dan kan ons die lewe van Adam agterlaat en in die lewe van Christus ingebore word, wat 'n ewige lewe is, soos voorgestel in die Lyndiagram (Joh. 3:3). Om geestelik wedergebore te word, moet ons insien, of bely dat ons in die verkeerde lewe is, en daarom gebore sondaars is wat gesondig het. Daarna moet ons Christus aanneem, omdat Hy vir ons sondes gesterf het.

 

Om geestelik wedergebore te wees, beteken dat hulle wat Christus in die geloof ontvang het, een gees met Hom word (1 Kor. 6: 17). Om seker daarvan te wees dat jy verlos is, is egter nodig om te kan oorwin as jy versoek word en so die vrede van God te kan ervaar. Versekering(2) moet gebaseer wees op die absolute van van God se onfeilbare  Woord, anders sal dit vergaan.

 

Baie weet met hul verstand dat hulle op Jesus Christus vertrou, maar ervaar nie regtig die versekering daarvan  nie, omdat hulle nie gered voel nie. Emosionele konflik, dikwels die gevolg van verwerping in sy kinderjare, veroorsaak dat 'n mens se gevoelens (emosies) selde ooreenstem met die ware feite soos die Bybel dit beskryf, of soos dit in die werklike lewe bestaan. Soos ons dinge ervaar, kan verskil van die werklikheid, totdat Christus die middelpunt van ons lewens word en ons in ons emosies genees word.

 

Elke pas geredde gelowige, of wat reeds langer  gered is, moet weet dat hy in 'n veilige, ewige, geestelike verhouding met God staan, in Christus (Joh. 5:24), en dat hy hierdie Versekering (3) kan hÍ en dit kan geniet.

 

Al weet baie gelowiges dat hulle Christus aangeneem het, is daar min wat verstaan en ervaar dat hulle in Christus aanvaar is. Baie het geleer om aanvaarding van mense te verdien, en voel dus dat hul God se Aanvaarding (4) ook moet verdien, al is hulle reeds volkome aanvaar op grond van hul lewe in Christus (Ef. 1:6). Elke gelowige is reeds aanvaar, maar baie min aanvaar daardie aanvaarding ( d.w.s. hulle geregtigheid) eenvoudig deur geloof (2 Kor. 5 :21).

 

Daar is ook min gelowiges wat 'n Totale Oorgawe (5) aan Jesus Christus maak. So ën  totale oorgawe is 'n besluit wat nie teruggetrek kan word nie. Daarin gee ons God die toestemming om met ons, in ons, aan ons en deur ons te doen soos Hy wil. Ons gee dus al ons regte weg. ‚

 

God respekteer ons versoek dat Hy volkome beheer oor ons lewens moet neem, en dikwels lei dit tot amper chaos. As God dan beheer moet neem, moet ons beheer prysgee - 'n proses wat selde vir ons vreugde bring! God gebruik ook dikwels omstandighede of persone wat nie altyd geestelik is nie,  om ons beheer te stop. Dikwels bring dit lyding wat ons nie verdien nie, maar dit is juis deur hierdie lyding dat God sy doel in ons lewens bereik (1 Pet.2:20-21; Fil. 1 :23 - 30 ). As ons ly of getugtig word (Fil 3: 10; Hebr 12: 11 ), is ons nie bly nie; maar dit is die oond wat die verlangde heiligheid bring

 ( Fil 3: 10; Hebr. 12: 11).

 

God se plan met die gelowige is om hom na die beeld van Christus te vorm (Rom. 8:29). So 'n vorming bring egter lyding. Die "Alles "van Romeine 8:28 wat "ten goede meewerk" word selde as goed ervaar; behalwe eers as ons terugkyk.

 

Jou innerlike stryd

 

Die "S" in die middel van die sirkel stel die selfbeheerde lewe (selflewe) of "vlees" voor. By die meeste gelowiges oorheers die vlees regdeur die Christelike lewe. Daar is verskillende wyses waarop elke persoon sy behoeftes deur dinge of persone probeer bevredig, of dit nou positief of negatief is. Geld, materiÎle dinge, sukses, roem, seks, mag of talle ander dinge kan 'n persoon dryf of motiveer en die middelpunt word, wanneer die self of vlees in beheer is. Die "vlees" is dus die gelowige se manier om sy Christelike lewe in eie krag te probeer leef. Daarom is die vlees 'n groot probleem vir die Christen en net so ernstig soos afgodery.

 

Wanneer ons Christus in ons lewens vervang met enigiets anders, ook met onsself, word dit wat ons op die troon van ons lewens toelaat 'n afgod. God moet dan hard met dIe vlees werk. Dit doen Hy gewoonlik deur ons te bring by dIe punt dat ons ingee, omdat dinge vir ons te veel word en ons uiteindelik ons selflewe verruil vir die lewe in Christus.

 

Terwyl die self (vlees) in beheer is, sal die stryd in die siel voortgaan (sien Wieldiagram). Dit mag selfs erger word, soos die gelowige ouer word of meer verantwoordelikhede kry. Dit gebeur soms dat 'n persoon wie se selflewe goed aangepas is, goed regkom vir die grootste deel van sy lewe, maar hy lei nie 'n volkome lewe nie.

 

Sielkundige probleme, tesame met skuldgevoelens (werklik of vals ) lei tot frustrasie in die selfbeheerde lewe. Hierdie frustrasies moet hanteer word. Party mense haal dit fisies, of met woorde uit op ander mense, terwyl ander hul woede so goed moontlik onderdruk uit vrees vir weerwraak. Party onderdruk weer hul woede en frustrasie omdat hul hulself blameer vir elke probleem en ergernis. As 'n persoon hierdie woede en frustrasie onderdruk, het dit 'n invloed op die manier waarop die persoon dink of hoe hy voel. Woede wat na binne gerig is, lei baie keer tot gevoelens van depressie en/of angs. Ander verdraai of ontken deur hul denke die werklikheid. Hulle probeer so ontsnap van die werklike probleem -

die vlees/die self.

 

Wanneer sielkundige konflik nie opgelos word nie, lei dit baie keer tot somatiese siektes/siektes in die liggaam, soos ons kan sien in die diagram. Die fisiese probleme, al word hulle werklik ervaar, is eintlik net simptome van 'n probleem - die selflewe. Dieselfde is waar vir die probleme wat in die siel ervaar word. Hulle is net simptome van 'n probleem wat dieper lÍ - die self/die vlees.

 

Jou bevryding

 

Hierdie sielkundige en liggaamlike fisiologiese simptome sal begin wanneer die gelowige besef dat God by die wortel van die probleem wil kom deur die self van die troon weg te neem. Die Lyndiagram wys die "lewe uit die dood"-beginsel - God se manier om interne konflik te stop.

 

Die horisontale lyn stel die ewige lewe voor, die lewe van Christus. Die term "ewige" dui op geen begin of einde nie. Dit gaan oor die grense van tyd. Christus is ook God, en Hy het dus altyd geleef, en sal altyd leef. Sy lewe is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde (Hebr. 13:8 ). Die linkerkant van die lyn toon dat Christus mens/"vlees geword" het (Joh. 1: 14) en vir 33 jaar in 'n menslike liggaam kom woon het. Daarna is Hy gekruisig, begrawe en op die derde dag opgewek uit die dood (1 Kor. 15:3-4 ). Hy leef vandag nog (Hebr. 7:25). Let daarop dat die ewige lewe nie net die hede en toekoms vir die gelowige insluit nie, maar ook die ewige verlede.

 

Totdat ons wedergebore word (Joh. 3:3), het ons nie deel aan die ewige lewe van Christus nie, maar is ons geestelike dood in Adam. Dit is duidelik dat indien enige van ons voorouers, voorgestel deur die dwarslyntjies op die lyn, nie daar was nie, ons ook nie vandag hier sou wees nie. Fisies gesproke het ons lewens begin in Adam, en het wat met horn gebeur het, ook met ons gebeur. Toe hy gesondig het, het ons gesondig. Toe hy geestelik gesterf het, het ons geestelik gesterf - net soos in ons voorvader sou gesterf het indien hy nie kinders sou gehad het nie. Omdat om geestelik dood te wees, beteken om van God geskei te wees, beteken dit dat ons almal (geestelik) dood gebore is. Ons het vergifnis van ons sondes nodig, maar ons het ook lewe nodig. Jesus Christus het gekom om ons albei te gee: Hy het vir ons sondes gesterf, en Hy het ons sy opstandingslewe gegee (Joh. 10: 10).

 

As Christen behoort jy dit reeds te weet, maar jy mag dalk die volgende nie weet nie: Vir die gelowige is die fisiese dood slegs 'n deurgang vanuit hierdie lewe, hierdie sondige wÍreld na 'n lewe in die hemel in die teenwoordigheid van God. Net so is 'n ander tipe dood die deurgang vanuit die sondige lewe in Adam na die ewige lewe in Christus. Wanneer 'n persoon wedergebore word, sterf hy ook op daardie oomblik. Hy word in die lewe van Christus ingebore, maar sterf uit die lewe van Adam uit.

 

Christus kom in ons lewens in wanneer ons in Horn glo en wedergebore word, maar dit is

nie al nie. Ons kry ook deel aan s› lewe - die ewige lewe. Volgens Romeine 6:3 is ons nie net gedoop in Christus Jesus (sy lewe) nie, maar ook in sy dood. Ons kan nie twee lewens wat teen mekaar stry, die lewe van Adam en die lewe van Christus, dieselfde tyd lewe me.

 

 

Hier moet die data van die verspreider van die Curare lid geplaas word. Miskien plakkers wat gedruk moet word of die persoon kan sy eie op sy rekenaar druk.

 

 

 

Jou identiteit

 

Wanneer ons Christus in geloof ontvang, beteken dit dat ons glo dat sy dood aan die Kruis vir ons sondes betaal. Maar dit beteken nog meer - ons begin 'n nuwe lewe, wat die ewige verlede sowel as toekoms insluit. Anders gestel: ons verruil ons verlede in Adam - die goed en die sleg - vir 'n ewige toekoms in Christus. Ons erf dus 'n nuwe voorvaderlike stamboom. Deurdat ons Christus se lewe deel, word ons ook deelgenote in sy dood, begrafnis, opwekking, opvaarding en sit ons saam met Hom in die hemele (Rom. 6:3-6; Gal. 2:20; Ef. 2:6). Christus het net een lewe, en dit is die lewe wat ons met wedergeboorte ontvang (1 J oh. 5: 11-12).

 

Ons sal egter aanhou probeer om vir Christus te leef deur die bekende metodes uit ons selflewe te gebruik, totdat ons deur geloof begryp dat ons met Christus gekruisig is. Die konflikte uit ons verlede in Adam sal ons steeds pIa en laat struikel. Wanneer ons in die geloof die plek by die Kruis, waarop ons reg het, inneem, word ons een met Christus se dood en opstanding. Dan kan ons in die nuwe lewe wandel (Rom. 6:4b) waar die ou dinge verby gegaan en alles nuut geword het (2 Kor. 5: 17).

 

Hierdie ervaring van die Kruis (die verstaan van ons kruisiging en opstanding in Christus) is die deurgang na die Geesvervulde lewe (Gal. 5: 16). Dit is lewe uit die dood, oorwinning in plaas van nederlaag, en dIe doel en antwoord vir lyding in die lewe van die gelowige. Ons pad na die Kruis, sowel as die Kruis self, is 'n pad van lyding. Tog is dit die enigste pad wat ook die einde van lyding beteken.

 

Is jy so moeg van jou interne konflik en aanhoudende verslaan te wees dat jy 'n einde daaraan wil maak in geloof? Is jy bereid om te sterf in alles wat jy is, sodat jy kan leef in alles wat Christus is? Jy kan dit doen deur die selflewe te verruil vir die lewe in Christus om so vervul of beheer te word deur die Heilige Gees. As jy weier om dit te doen, hou jy aan om na die vlees te lewe en om die Heilige Gees te bedroef,  en gaan die konflik, lyding en nederlae voort.

 

Verlossingsgebed

 

Christus kan jou vrymaak van die lyding wat kom van jou manier van dinge doen as jy jouself waarlik aan Horn oorgee en Hom 'n kans gee.

 

Indien jy nog nooit Christus as jou persoonlike Saligmaker aangeneem het nie, is die eerste stap om toe te laat dat God jou nuut maak deur 'n geestelike wedergeboorte. Jy kan wedergebore word as jy opreg soos volg kan bid:

" Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is, dat ek steeds in die lewe van Adam is en dat ek gesondig het. Ek glo dat U u enigste Seun, die Here Jesus Christus, gestuur het om in my plek vir my sondes te sterf. Ek glo ook dat Hy opgestaan het en nou lewe. Ek ontvang Hom nou in my gees as my Verlosser. Ek doen afstand van alles wat ek is, wat ek het en alles wat ek sal wees. Ek draai, my rug op my sonde en selfsugtige lewenswyse, om my nuwe lewe van nou af in Christus te leef. Dankie dat U my gered het. AImen."

 

Identifikasiegebed

 

Indien jy die verlossingsgebed gebid het, is jy wedergebore; want God sÍ dat almal wat Hom aangeneem het, het Hy die mag gegee om kinders van Hom te word (Joh. l: 12).

 

Of jy nou net of lank gelede die bekeringsgebed gebid het, hierdie gebed van identifikasie met Christus kan jou help om sy lewe van oorwinning en vrede te ervaar. Of hierdie gebed werklik iets sal beteken, sal daarvan afhang of jy waarlik moeg is vir jou selflewe; of die Heilige Gees jou waarlik oortuig het dat jy jou Christelike lewe in eie krag probeer leef het, en of jy gereed is om die beheer van jou lewe prys te gee. As dit is waar jy is, kan jy soos volg bid:

"Vader, dankie dat U my sondes vergewe het, en my uit die lewe van Adam geneem en my ingeplant het in die lewe van Christus. Noudat ek in Christus is, glo ek dat ek saam met Hom gekruisig is, met Horn begrawe is, saam met Horn opgestaan het en dat ek saam met Hom aan u regterhand sit. Ek kies nou dat u Seun, Jesus Christus, sy lewe in en deur my leef. Ek sien myself as dood vir die sonde en lewend vir U. Ek steun op die Heilige Gees om my te herhinner aan my sterwe in Christus wanneer ek vir Hom probeer leef in my eie krag en wysheid. Ek gee myself aan U oor om my te gebruik in alles wat reg is, en wil geen deel van my toelaat om vir die sonde gebruik te word me. Dankie dat U Christus en sy lewe aan my geopenbaar het. Mag u Naam verheerlik word deur my lewe. Ek vra dit in die naam van Jesus. Amen.

 

 

 

 

 

"Let asseblief op dat deel 1 van Handbook to Happiness and You - A Spiritual Clinic dit vir jou moontlik maak om jouself te beraad deur hierdie materiaal deur te werk met die boek as voorligter/berader.